Die

Dopper­spele

2026

Gereformeerdes van heinde en ver kom elke jaar bymekaar vir ‘n dag vol pret, deelname en saamkuier!

Saterdag
16 Mei 2026
07:30 – 17:00

24

Gemeentes

11

sporte

9

ure

🏪 Uitstallers
🍢 Kosstalletjies
🫖 Teetuin
🪑 Kuierarea

11 items om
te verower

Elke gemeente skryf ‘n span van ongeveer 31 spelers in om aan 11 items deel te neem. Die wenspan is die span wat die meeste punte deur die dag versamel.

Boules

‘n Klasieke Franse spel. Eindig die naaste aan die teikenballetjie “but” en kry die punte in jou sak.

𖣠
Jukskei

Dié tradisionele Suid-Afrikaanse volksspel daag spelers uit om
houtpenne na die juk te gooi.

🏸
Pluimbal

Die pluimbal sweef hoog en duik skielik af — ‘n pluimpie vir die span wat sy teenstanders kan uitoorlê.

🎱
Poel

Met konsentrasie, strategiese denke en ‘n tikkie waagmoed kry spanne die bal in die sakkie.

Ringtennis

Kry die ring oor die net én buite die bereik van jou teenstander om skoonskip te maak.

🪀
Sjoelbak

Dit lyk maklik, maar vra ‘n fyn hand, sekuur mik en net die regte hoeveelheid krag.

🏓
Tafeltennis

Blitsvinnig en opwindend — klein balletjie benodig groot vernuf!

💪
Toutrek

Brute krag vs spanwerk — wat sal die knoop deurhaak?

🎯
Veerpyltjies

Oë-toeknyp is nie ‘n opsie vir kolskoot-gooi nie!

👆
Vingerbord

Vinnige vingers vir vinnige punte!

🏐
Vlugbal

Een van die maak of breek items! Spanwerk, vinnige reflekse en goeie koördinasie verseker die oorwinning.

Meer as net
sport

Die Dopperspele is in 2007 begin, met ‘n fondsinsamelingsprojek en onderlinge gemeenskap as oogmerk.

Sedertdien het die geleentheid tot een van die grootste bymekaarkom-geleenthede vir Doppers in die land gegroei. Onderlinge bande word gesmee en daarmee saam word die geloofsgemeenskap versterk.

In 2026 word ‘n gedeelte van die fondse aan die EVT-fonds (versorging van emereti) geskenk.

“Onderlinge bande word gesmee en daarmee saam word die geloofsgemeenskap versterk, onder gemeentelede sowel as tussen verskillende gemeentes.”

2007
Die Dopperspele ontstaan vanuit die Gereformeerde Kerke Andeon en Bergsig-kombinasie onder leiding van ds Cassie Aucamp, as ‘n fondsinsamelingsprojek.
Groei
Met die uitsondering van die Covid-jaar (2020) het die spele elke jaar plaasgevind, en groei dit tot een van die grootste bymekaarkom-geleenthede vir Doppers in die land.
2023
Dit word duidelik dat die Spele uit sy nate gebars het — soeke na groter fasiliteite begin.
2024
Nuwe tuiste! Die Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) bied hul pragtige terrein aan. 'n Dopperspele-komitee, tesame met GSDP, bied sedertdien die Dopperspele aan.
2026
24 gemeentes, 11 sporte, en 'n deel van die wins van die dag word aan die EVT-fonds (versorging van emereti) geskenk.

🏫 Besoekers is welkom om op die dag van die Dopperspele die GSDP se opedag by te woon. Klik hier vir meer inligting →

Dag se program

  • 07:20 Aanmeld
  • 07:30 Juksei- en Sjoelbakwedstryde begin
  • 08:20 ✦ Amptelike opening — laerskoolgronde
  • 08:40 Ander sporte begin
  • 16:00 ✦ Laaste item: Toutrek
  • 17:00 Einde van die dag

Gemeentes

24 gereformeerde gemeentes van heinde en verre neem deel — elke span stry vir eer en punte!

APK GK Alkantrand GK Annlin GK Bergsig GK Centurion GK Daspoort GK Derdepoort GK Die Kandelaar GK Hartebeespoort GK Kameeldrift GK Lyttelton GK Meintjeskop GK Oos-Moot GK Pretoria GK Randburg GK Rietvallei GK Rooihuiskraal GK Totiusdal GK Waterkloofrand GK Wierdapark GK Wilropark GK Wonderboompoort GK Wonderboom-Suid VGK Pretoria

Bly in
die lus

Wil jy 'n span inskryf, as borg betrokke raak, of net meer weet? Laat jou besonderhede en ons sal jou op hoogte hou!

Registrasie & Navrae