Vlugbal
Een van die maak of breek items! Spanwerk, vinnige reflekse en goeie koördinasie verseker die oorwinning.
Vingerbord
Vinnige vingers vir vinnige punte!
Veerpyltjies
Oë-toeknyp is nie ‘n opsie vir kolskoot-gooi nie!
Ringtennis
Kry die ring oor die net én buite die bereik van jou teenstander om skoonskip te maak.
Toutrek
Brute krag vs spanwerk — wat sal die knoop deurhaak?
Tafeltennis
Blitsvinnig en opwindend — klein balletjie benodig groot vernuf!
Sjoelbak
Dit lyk maklik, maar vra ‘n fyn hand, sekuur mik en net die regte hoeveelheid krag.
Poel
Met konsentrasie, strategiese denke en ‘n tikkie waagmoed kry spanne die bal in die sakkie.
Pluimbal
Die pluimbal sweef hoog en duik skielik af — ‘n pluimpie vir die span wat sy teenstanders kan uitoorlê.
Jukskei
Dié tradisionele Suid-Afrikaanse volksspel daag spelers uit omhoutpenne na die juk te gooi.